Georgius Agricola | |
---|---|
Georgius Agricola (fiktiewe portret uit 1927) | |
Gebore | Georg Bauer 24 Maart 1494 |
Sterf | 21 November 1555 (op 61) |
Nasionaliteit | Saksies, Duits |
Beroep | akademikus, geneesheer, mineraloog |
Georgius Agricola; gebore Georg Bauer; 24 Maart 1494 – 21 November 1555) was 'n Duitse Humanistiese geleerde, mineraloog en metallurg. Hy is in die klein dorpie Glauchau, in die Elektoraat van Sakse van die Heilige Romeinse Ryk gebore. Hy het 'n breë opvoeding geniet, maar het 'n besondere belangstelling vir die mynbou en raffinering van metale gehad. Vir sy baanbrekende werk De Natura Fossilium wat in 1546 gepubliseer is, word daar algemeen na hom verwys as die Vader van die Mineralogie.[1]
Hy is bekend vir sy baanbrekerswerk De re metallica libri XII, wat in 1556 gepubliseer is, 'n jaar na sy dood. Hierdie werk in twaalf dele is 'n omvattende en stelselmatige studie, klassifikasie en metodiese gids oor alle beskikbare feitelike en praktiese aspekte, wat belang het vir mynbou, die mynwetenskappe en die metallurgie. Alles is ondersoek en nagevors in sy natuurlike omgewing deur middel van direkte waarneming. Dit is ongeëwenaar in sy kompleksiteit en akkuraatheid en dit het twee eeue lank as die standaardnaslaanwerk gedien. Agricola het in die voorwoord gesê dat hy al daardie dinge sal uitsluit wat ek nie self gesien het nie, of nie gelees of gehoor het nie.[...].Dit wat ek nie gesien het nie, of noukeurig oorweeg het nadat ek daarvan gelees of gehoor het, daaroor het ek nie geskryf nie.[2]
As 'n geleerde van die Renaissance het hy 'n universele benadering tot leer en navorsing nagestreef. Hy het gedurende sy professionele lewe meer as 40 volledige vakkundige werke gepubliseer oor 'n wye reeks onderwerpe en dissiplines, soos pedagogie, medisyne, metrologie, merkantilisme, farmasie, filosofie, geologie, geskiedenis en vele meer. Sy innoverende en omvattende, vakkundige werk, gebaseer op nuwe en presiese metodes van produksie en beheer, het gedurende daardie tydperk sy werk 'n sentrale deel van die geleerdheid en die beter begrip van wetenskap gemaak.[3]
<ref>
tag; no text was provided for refs named berk